Local newsNewsNews
Volgende jaar wink die groot skool
Engeltjietyd Kleuterskool se seniors van 2021 is volgende jaar weer die juniors van die groot skool.
Engeltjietyd is ‘n klein kleuterskool met ‘n reuse hart vir elke kind.
Op Saterdag, 6 November 2021 was dit tyd vir die jaarlikse gradeplegtigheid van die skool se Ladybug-klas.
Vier van die maats gaan volgende jaar Graad R toe en twee ander pak Graad RR aan.

Isabel Erwee, eienaar van Engeltjietyd, sê hulle het sommer hul amptelike opedag saam met die gradeplegtigheid gehou.
Dit was ‘n pretdag wat almal geniet het.
Dance-mouse Vaal se mense was ook daar en i-water se Droppie het kom inloer, tot groot vermaak van al die maats teenwoordig.

Vir meer inligting en foto’s van die besonderse dag, besoek gerus die skool se Facebookblad.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
