NewsNewsSportSport

SPL-uitspeelstryd op Verref

VEREENIGING. – Die storielyn van 2021 se Sedibeng Premierliga (SPL) het meer kinkels en draaie as in die Bainskloof-pas. Die Bullets en High Speeds Warriors wat reeds hul plek in die o.13-eindstryd bespreek het wat eerskomende Saterdag op Vereeniging Refractories (Verref) se velde beslis word, het mekaar die afgelope naweek behoorlik laat bene kou in …

VEREENIGING. – Die storielyn van 2021 se Sedibeng Premierliga (SPL) het meer kinkels en draaie as in die Bainskloof-pas.
Die Bullets en High Speeds Warriors wat reeds hul plek in die o.13-eindstryd bespreek het wat eerskomende Saterdag op Vereeniging Refractories (Verref) se velde beslis word, het mekaar die afgelope naweek behoorlik laat bene kou in hul laaste rondomtalie-wedstryd.
Dié wedstryd was ‘n kleedrepetisie vir die opkomende eindstryd wat uiteindelik deur die Warriors met 15 lopies gewen is.
Die Warriors het 131/6 aangeteken, waarna die Bullets tot 116/7 beperk is. Die Pirates was in hul kragmeting teen die Super Smashers vir die grootste S-draai in die storielyn verantwoordelik toe die Super Smashers met nege paaltjies geklop is.
Dit was die vinnigste sege in die SPL se bestaan van sewe jaar.
Die Smashers is vir 57 lopies in 13.2 beurte uitgeboul, waarna die Pirates slegs 5.4 beurte benodig het om die teiken kaf te draf.
In die o.11-kompetisie het die Blue Tornadoes ‘n spogvertoning gelewer om sy eerste oorwinning van die toernooi te behaal toe hy die HS Warriors met sewe lopies in ‘n naelbytstryd geklop het.


Die Tornadoes en die Dekalbs het na die rondomtalie afdeling van die toernooi gelykop met dieselfde getal ligapunte geëindig. Hulle sal eerskomende Donderdag in ‘n uitspeelwedstryd betrokke wees om te bepaal wie teen die Wolves in die eindstryd gaan speel.
Die Wicket Wolves het sy kragmeting teen die Strikers wat deur reën onderbreek is op die Duckworth Lewis-metode met twee lopies gewen en genoeg bonuspunte in die proses versamel om tot die o.11-eindstryd deur te dring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button