Brekende nuus: Voormalige President FW de Klerk sterf op 85
VEREENIGING. – Die 85-jarige, FW de Klerk die voormalige president van Suid-Afrika, het Donderdagoggend (11 November 2021) in sy huis in Fresnaye in Kaapstad sy stryd teen kanker verloor. Hy laat sy vrou Elita (68), sy kinders Susan (52) en Jan (57) en sy kleinkinders agter. Sy ander seun Willem is in Oktober 2020 op …
VEREENIGING. – Die 85-jarige, FW de Klerk die voormalige president van Suid-Afrika, het Donderdagoggend (11 November 2021) in sy huis in Fresnaye in Kaapstad sy stryd teen kanker verloor. Hy laat sy vrou Elita (68), sy kinders Susan (52) en Jan (57) en sy kleinkinders agter. Sy ander seun Willem is in Oktober 2020 op die 53-jarige ouderdom ook aan kanker oorlede.
De Klerk, ‘n voormalige inwoner van Vereeniging, was die laaste president in die apartheids-era en ‘n hoofrolspeler om Suid-Afrika tot demokrasie te lei.

In 1993 is die Nobel Vredesprys gesamentlik aan hom en President Nelson Mandela in Oslo toegeken. Hy het in 1962 ‘n suksesvolle regspraktyk in Vereeniging begin en oor 10 jaar in ‘n suksesvolle praktyk omskep.
Dave Steward, die woordvoerder van die FW de Klerk Stigting, het sy afsterwe aan News24 bevestig. De Klerk het in 2021 in verklaring bekendgemaak dat hy met mesothelioma gediagnoseer is, ‘n kanker wat die wand van die long aantas.
De Klerk was van 1989 tot 1994 die staatspresident. Die reelings vir sy staatsbegrafnis sal na verwagting deur President Cyril Ramaphosa aangekondig word.
