Een dood, ses beseer in botsing op R550
'n Man is dood en ses beseer in 'n botsing tussen 'n bakkie en 'n BMW op die R550 by Eikenhof in Gauteng.
EYE OF AFRICA. – Volgens Ross Campbell, ‘n woordvoerder vir ER24 het nooddienswerkers en lede van die Midvaal-verkeersafdeling en Midvaal-brandweer omstreeks 19:00 by die toneel opgedaag.
‘n Volwasse man het langs die wrak van die BMW gelê. Hy is op die toneel oorlede en het geen tekens van lewer getoon nie.
‘n 29-jarige man en ‘n 25-jarige man is albei in ‘n krietieke toestand en het op die toneel behandeling ontvang.
Die 25-jarige is per helikopter na ‘n hospitaal geneem vir noodbehandeling terwyl die 29-jarige na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem is vir verdere sorg.
Drie ander volwassenes en ‘n jong seun van 4 is op die toneel behandel vir minder ernstige beserings.

