Local newsNewsNews

Vind uit oor die vryemesselaars

Wat is die vryemesselaars en waaroor gaan hierdie wêreldwye beweging?

VEREENIGING. – As jy meer oor die vryemesselaars wil uitvind word jy hartlik genooi na ’n inligting sessie wat daarop gemik is om enige mites en misterie rondom vryemesselary uit die weg te ruim.

Die vryemesselaars kom op 4 Desember 2021 om 16:00 by die Riviera on Vaal Resort in Mario Milanierylaan in Vereeniging bymekaar.

Kleredrag is formeel (baadjie en das vir mans) en netjies (smart) vir vroue.

Dit is belangrik dat jy vooraf bespreek aangesien Covid-19-regulasies steeds in plek is en daar slegs ’n beperkte aantal mense kan bywoon.

Jy kan bespreek deur ’n e-pos aan admin@pglnd.co.za te stuur. Skakel (011) 462 6591 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button