NewsNewsSportSport

Wêreldrugby skors Rassie Erasmus

‘n Onafhanklike komitee van Wêreldrugby het Rassie Erasmus en SA Rugby skuldig bevind op klagtes dat hulle die spel tydens die Britse en Ierse Leeutoer in oneer gebring het. Erasmus is tot volgende jaar September uit alle afrigtersrolle geskors nadat hy op al ses aanklagte teen hom skuldig bevind is. Hy mag vir twee maande …

‘n Onafhanklike komitee van Wêreldrugby het Rassie Erasmus en SA Rugby skuldig bevind op klagtes dat hulle die spel tydens die Britse en Ierse Leeutoer in oneer gebring het.
Erasmus is tot volgende jaar September uit alle afrigtersrolle geskors nadat hy op al ses aanklagte teen hom skuldig bevind is.
Hy mag vir twee maande geensins in enige rolle by rugby betrokke wees nie.
Hy mag tot en met September aanstaande jaar nie by afrigting betrokke wees, met wedstrydbeamptes kontak hê nie en geen kontak met die media hê nie.
Erasmus is aangekla na sy uurlange video waarin hy Nic Berry se geloofwaardigheid bevraagteken.
SA Rugby is ook met 20 000 pond beboet vir sy rol in die sage en toegelaat het dat Siya Kolisi en Mzwandile Stick ook hul monde uitspoel.
Albei partye het sewe dae om appel aan te teken. – Rassie Erasmus

Rassie Erasmus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button