Wolves en Warriors wilder as wild
VEREENIGING. – Die soet smaak van glorie was Saterdag 13 November vir die High Speed Warriors en Wicket Wolves beskore toe hulle as 2021 Sedibeng Premierliga T20-kampioene gekroon is. Die o.13 en o.11-eindstryd van die Euro Spar SPL-reeks is Saterdagmiddag op Vereeniging Refractories se velde beslis. In die o.11-eindstryd het die Wicket Wolves die Dekalb …

VEREENIGING. – Die soet smaak van glorie was Saterdag 13 November vir die High Speed Warriors en Wicket Wolves beskore toe hulle as 2021 Sedibeng Premierliga T20-kampioene gekroon is.
Die o.13 en o.11-eindstryd van die Euro Spar SPL-reeks is Saterdagmiddag op Vereeniging Refractories se velde beslis.
In die o.11-eindstryd het die Wicket Wolves die Dekalb Chargers met 5 paaltjies geklop en in die o.13-eindstryd het die HS Warriors die Bullets met 88 lopies verslaan.

Wat die individuele toekennings betref, het Janco Jacobs amper skoonskip gemaak.
Hy is as die beste o.13-bouler en Euro Spar SPL Speler van die Reeks aangewys. Sy boulontleding vir die reeks van 8/38 in 10 beurte is beslis indrukwekkende leesstof.
Die Bullets se Zander Olivier (148 van 161 balle) is as die o.13 Kolwer van die Reeks aangewys.
In die o.11-afdeling is Vaughn van Vuuren van die Blue Tornados met ‘n boulontleding van 5/43 in 9 beurte as die o.11 Bouler van die Reeks gekroon. Die Ravens se Jacques Oosthuizen (153* van 121 balle) is as die o.11 Kolwer van die Reeks gekies.
Hy was nie een keer in die reeks uitgeboul nie. Die enigste ander o.11-kolwer wat dit kon vermag is Tertius Steyn (140* van 110 balle).










![]()
