Local newsNewsNews

‘Dit was doelbewuste sabotasie,’ meen De Ruyter

Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, skryf 'n voorval by die Lethabo-kragstasie naby Vereeniging waartydens 'n transmissielyntoring Woensdagaand omstreeks 18:00 omgeval het en 'n transmissielyn beskadig het aan doelbewuste sabotasie toe.

VEREENIGING. – Volgens De Ruyter blyk dit of die ondersteuningskabels van ‘n transmissielyntoring vermoedelik afgesny is.

Volgens hom was daar geen tekens van verweer of korrosie nie.

Daar is ook niks by die Lethabo-kragstasie gesteel nie, wat die vermoedens bevestig dat dit sabotasie was.

Die voorval het druk op Suid-Afrika se kragnetwerk geplaas en beurtkrag tot gevolg gehad.

Die toring wat omgeval het. Foto: Verskaf/Eskom
Eskom se uitvoerende hoof, Andre de Ruyter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button