Local newsNewsNews

Rita Benecke Landbouprogram vorder fluks

Die plaas, soos wat almal na die projek verwys, het al meer as 2.25 ton kos voorsien en daar is al 23 gemeenskapstuine gestig.

VANDERBIJLPARK. – Maande se harde werk het vrug gedra, of dan eintlik groente, toe ses van die Rita Benecke Landbouprogram se volwasse leerders met sertifikate beloon is.

Vier het voltyds die afgelope maande op die projek gewerk en geleer, terwyl twee van die vroue, Tshidi Monkhe en Lungile Ndlazi as vrywilligers aangemeld het.

“Hulle wou alles leer oor hoe om ‘n gemeenskapstuin te begin en aan die gang te hou,” het Alice de Jager die projekbestuurder tydens die sertifikaatoorhandiging gesê.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/113124/organies-kraakvars-en-vreugdevol/ ‎

Die funksie is bygewoon deur lede van die Golden Triangle Chamber of Commerce, Thusong Projects en die Rotary Klub van Vanderbijlpark.

Die drie organisasies is baie trots op die landbouprojek wat in minder as ‘n jaar nie net mense opgelei het nie, maar ook al meer as 31 organisasie van kos voorsien het.

Die plaas, soos wat almal na die projek verwys, het al meer as 2.25 ton kos voorsien en daar is al 23 gemeenskapstuine gestig.

Pilasande Mhlonitshao het gesê hy is baie bly hy kon deel wees van die projek. Dit is veral lekker vir hom om terug te kon gee aan die gemeenskap.

Enoch Mdrelana het saamgestem en gesê dat dit nie maklik was nie, maar hy sal altyd dankbaar wees teenoor Tannie Rita Benecke wat ‘n verskil in hul lewens gemaak het.

“She came to us when we had no hope and then she make a change to our lives. She came to be my grandma,” het hy onder luide toejuiging gesê.

Voordat die sertifikate oorhandig is, het almal eers na ‘n elektroniese aanbieding gekyk wat die afgelope jaar se harde werk, asook die hoogte- en laagtepunte in beeld vasgevang het.

Waterpype wat bars het, onder andere, gereeld kopsere veroorsaak, maar oor die sakke kool en wortels wat geoes is, is daar van voor af weer gejuig. Ons wens elkeen van die gesertifiseerde kleinboer entrepreneurs sterkte toe en mag die Rita Benecke Landbouprogram net van krag tot krag gaan.

Kyk hier na die tuin. Video verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button