NGK Kollegepark – Die Rede vir die Fees
Lui die Feesseisoen in met 'n besonderse Kerssangdiens.
VANDERBIIJLPARK. – Dis weer tyd vir “Herders op die ope velde”, “Die Heiland is Gebore” en “Stille Nag” om te weerklink.
Daardie spesiale liedere wat ons net vir die Kersfeestyd bêre.
Hierdie en al die ander bekende liedere gaan op Sondagaand, 28 November gehoor en gesing word by die NGK Kollgegepark geleë in Esias Groblerstraat, Vanderbijlpark.
Hul Lofprysing Kersfeesdiens neem hierdie jaar die vorm van’n buitelugdiens aan met die titel, Die Rede vir die Fees.
Die bekende radioman en sanger, Steven Sterling en panfluitspeler, Ryan Walt sal die musiek verskaf.
Almal is welkom om die diens by te woon wat om 19:00 begin. Toegang is gratis. Onthou jul maskers.

![]()
