‘Around the world in 18 holes’ by Riviera
Gholfspelers word genooi om die NG Welsyn Vereeniging se gholfdag te ondersteun.

Die gholfdag ‘Around the world in 18 holes’ sal op 3 Februarie 2022 om 11:00 by die Riviera Gholfklub gehou word. ‘n Vierbal beloop slegs R2 000 en die dag beloof sommer baie pret in te hou.
As jy nie self kan speel nie sal borge vir ‘n gaatjie ook hoog op prys gestel word. Dit beloop R1 500, of koop ‘n vierbal en borg ‘n gaatjie teen slegs R3 000.

“Ons kan ook ‘n Artikel 18 A, tot u beskikking stel, indien u maatskappy ‘n gaatjie sou borg. Daar sal ook lekker pryse wees om te wen, asook ‘n veiling om ekstra fondse in te samel,” sê Andrea.
Die fondse wat hierdeur ingesamel word, sal aangewend word vir die volgende:
Voedselskema vir behoefdiges, terapie vir kinders, dwelm- en alkohol toetse, plasing en ondersteuning van kinders by nuwe pleegouers en kinderhuise, ouerleidingsprogramme, vakansieprogramme ens.
Indien u ‘n bydrae wil lewer, of wil betrokke raak by hul gholfdag, kontak gerus vir Andrea Combrink by 016 421 4044 of vereen.admin@ngwelfare.co.za.
