Local newsNationalNewsNews

Vaal se Jeané ding mee om Miss Grand International titel

Sterkte Jeané, ons weet jy kan. #MissGrandInternational

PHUKET. – Alle oë in die skoonheidswêreld is tans gerig op Phuket in Thailand waar daar om die Miss Grand International titel meegeding word.

Skoonhede van 60 lande ding mee om die gesogte titel.

Een van hulle is Miss Grand South Africa Jeané van Dam.

Sy verteenwoordig nie net Suid-Afrika nie, maar ook die Vaaldriehoek.

Die positiewe jong dame was onderskeidelik in die Primêre Skool Lumiére en die Hoërskool Transvalia.

Jeané van Dam verteenwoordig Suid-Afrika in die Miss Grand International kompetisie in Phuket, Thailand. Foto: Facebook

Jeané het reeds op 16 November in Thailand geland en sedertdien is hulle volstoom aan die gang.

Ons staan bankvas agter haar en weet sommer dit sal goed gaan met haar in die kompetisie.

Die finale rondte vind op 5 Desember plaas.

Die kompetisie word jaarliks aangebied en daar word van elke Miss Grand verwag om projekte aan te pak wat sal help om oorlog en geweld te stop.

Jeané is op Saterdag, 14 Augustus as Miss Grand SA gekroon. 

Sy het in ‘n telefoniese onderhoud kort na haar kroning gesê sy gaan met die tema in gedagte, leierskap programme in skole begin waar leiers geleer kan word om op te staan vir dit wat reg is.

Lees ook:  https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/104330/baie-geluk-aan-o…sa-jeane-van-dam/ ‎

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button