Local newsNewsNews

Baloyi glo DA se premierskandidaat vir Gauteng vir 2024

Die voormalige burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, Bongani Baloyi, is glo die DA se premierskandidaat in Gauteng vir 2024.

MIDVAAL. – Business Day berig dat die DA onthul het dat Baloyi die DA se premierskandidaat vir Gauteng in 2024 is en dat hy voortaan ’n “reuse deel” in die party se toekoms sal speel.

Baloyi is in 2013 tot burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit verkies, ’n pos wat hy tot vanjaar beklee het.

Onder sy leierskap het die munisipaliteit ses ongekwalifiseerde ouditverslae van die ouditeurgeneraal ontvang.

Die DA se nasionale leier John Steenhuisen het tydens ’n onlangse besoek aan Sicelo in die aanloop tot die munisipale verkiesing die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit as ’n “skitternde baken van uitnemendheid” in ’n “see van verwaarlosing, wanhoop en korrupsie” beskryf en Baloyi geloof vir die aandeel wat hy hierin gespeel het.

Die volgende nasionale verkiesing vind in 2024 plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button