Local newsNewsNews

Covid-19 “supervariant” nou ook in Suid-Afrika

Die Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Donderdag (25 November 2021) bevestig dat die sogenaamde “supervariant" (B.1.1.529) van die Covid-19-virussiekte in Suid-Afrika opgespoor is.

Dié spesifieke variant staan ook as die “supervariant” bekend vanweë die hoë aantal mutasies, insluitend meer as 30 mutasies van die sogenaamde ‘’spike’-proteïn.

Volgens die instituut is altesaam 22 positiewe gevalle van variant B.1.1.529 met behulp van DNS-volgordetoetsing wat deur Nios en private laboratoriums gedoen is opgespoor.

Die variant het vinnig in Gauteng versprei en daar word vermoed dat dit reeds na ander provinsies versprei het.

“Dit is nie verbasend dat ’n nuwe variant in Suid-Afrika opgespoor is nie,” meen prof. Adrian Puren, Nios se waarnemende uitvoerende direkteur.

“Alhoewel data beperk is, werk ons kundiges oortyd met l die gevestigde toesigstelsels om die nuwe variant te verstaan en wat die potensiële implikasies kan wees.

“Verwikkelinge vind vinnig plaas en die publiek kan vir seker weet dat ons hulle op hoogte sal hou,” het Puren in ’n verklaring gesê.

Dr. Michelle Groome, hoof van waarneming en reaksie by Nios, sê dat die hoeveelheid mense wat vir die nuwe variant positief toets, vinnig besig is om in Gauteng, Noordwes en Limpopo te styg.

Gesondheidsowerhede is op ’n hoë gereedheidsgrondslag en monitor die situasie.

Groome het die belangrikheid van nie-farmaseutiese ingrypingsmaatreëls benadruk, soos om ingeënt te word, maskers te dra, hande gereeld te was, sosiale afstand te hou en om enige samekomste in goed geventileerde spasies te hou.

Volgens Groome kan mense se individuele optrede help om die impak op die samelewing te versag as almal hul deel doen om die verspreiding van die virussiekte te keer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button