Local newsNewsNews

Help Mnr Vaal & Mr Universal SA om uit tjoekie te kom!

Skenk bloed. Red lewens. Deel in die pret.

Dis amper vakansietyd. Almal sien uit na ‘n bietjie wegbreek, ontspan en kuier.

Desember of nie Desember nie, ongelukke gebeur en mense benodig steeds bloedoortappings om verskeie redes.

Daarom het Mnr Vaal, Michael Language en Mr Universal South Africa, Werner Volschenk saamgespan om saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) ‘n bloedskenkdag met ‘n verskil te hou.

Op Saterdag, 27 November sal die twee manne om die beurt saam met ‘n paar ander in ‘n “tjoekie” sit by die Emerald Casino in Vanderbijlpark.  

Al hoe hulle uit kan kom is as genoeg mense bloed skenk.

Gas Monkey Pub & Grill gee 10% afslag op jou kosrekening as jy daar gaan eet nadat jy bloedgeskenk het.

Kom deel in die pret! Vanaf 10:00 tot 15:30.

Foto: verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button