Jeané een van die Miss Grand Internasional gunstelinge
Stem vir Jeané van Dam. Volg haar by @MissGrandSA #missgrandinternational
Die Vaal se eie Jeané van Dam bekoor almal in Phuket, Thailand by die jaarlikse Miss Grand Internasional waar sy Suid-Afrika verteenwoordig.
Die kompetisie betrek kykers op sosiale media met gereelde kompetisies waarvoor jy vir jou gunsteling kan stem op Instagram of Facebook.
Die deelnemer met die meeste stemme wen dan ‘n prys, soos om bv. deel te wees van Thailand se lewendige Lotto uitsending.
Alles tel ook om uiteindelik te bepaal wie gaan die titels van Best Social Media en Miss Popular Vote Award inpalm.
Dis nie moontilik om al hierdie kompetisies hier te deel nie. Maar jy kan gerus vir Jeané ondersteun deur haar Facebook te volg by @MissGrandSouthAfrica of die kompetisie te volg by Miss Grand International ook op Facebook.
Intussen het Jeané of haar facebookblad ‘n video geplaas waarby sy geskryf het:
“Peace
It does not mean to be in a place where there is no noise, trouble, or hard work. It means to be in the midst of those things and still be calm in your heart. Today I am at peace knowing that I will walk into that interview room with confidence, gratitude, and a story to tell. South Africa, I love you and I raise our flag high.![]()
“
