Local newsNewsNews

Chaos toe VF Plus-kandidaat, Sedibeng-hoofsweep posisie kry

Daar het vanmiddag chaos uitgebreek tydens die eerste raadsvergadering van die Sedibeng Distrik Munisipaliteit toe die VF Plus se kandidaat die hoofsweep-posisie voor die ANC se kandidaat weggeraap het.

Dit was die eerste vergadering sedert die onglangse verkiesing en die nuwe 49 raadslede is ingehuldig.

Daar is toe oorgegaan tot die verkiesing van ‘n speaker, wat met 25 teen 24 stemme na die ANC gegaan het. Daarna moes ‘n hoofsweep verkies word.

Die VF Plus se kandidaat, Hein van der Lith, is met 25 stemme teen 24 ingestem. Die ANC was natuurlik geskok en glad nie tevrede met dié uitkoms nie. Dit is toe dat chaos uitgebreek het.

Eers het die ANC lede geskree en lawaai gemaak dat die die verkiesing nie “free and fair” was nie. Maar dit was beslis ‘n “free and fair” verkiesing wat deur die IEC behartig is.

Toe daar met die vergadering voortgegaan moet word om ‘n burgemeester te kies, is die kragopwekker wat gebruik word om die verkiesing op video op te neem, afgesluit en die sleutel verwyder. ‘n Verkiesing kan nie wettiglik voortgaan as daar nie ‘n video-opname is nie. Die gebou se krag is glo net genoeg om die ligte aan te hou!

Maar rdl. Senekal het oudergewoonte tot die redding gekom en dadelik ‘n nuwe kragopwekker gereël sodat die verkiesing kan voortgaan.

Vaalweekblad se verslaggewer, Christiaan Cloete, is op te toneel. (Hou ons webtuiste dop vir ‘n opvolgberig).

“Dit is ons eerste hoofsweep posisie en ons is baie trots hierop,” het rdl. Gerda Senekal (leier van die VF Plus”, laat weet.

Hierdie posisie maak dit moontlik om ‘n mosie van wantroue teen die onlangs verkose Emfuleni-speaker, -hoofsweep en -burgemeester in te dien.

Volgens rdl. Senekal was al die nodige reëls nie tydens Maandag se Emfuleni-verkiesing gevolg nie en kan hulle dus nou teen hulle optree. Sy het verduidelik dat raadslede by sulke verkiesings moet inteken om wettiglik te kan stem.

Tydens Maandag se verkiesing was daar glo 10 raadslede wat nie hierdie reël gevolg het nie, maar wel gestem het. Dus is daar ‘n goeie kans dat ‘n nuwe ELM-verkiesing sal moet plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button