Local newsNewsNews

Vanderbijlpark Fotobklub se maandwenners

VANDERBIJLPARK. - Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging het onlangs sy voorlaaste klubbyeenkoms gehou en daar is soos gewoonlik voortreflike foto’s ingeskryf.

Die maandtema was “double exposure” en Johan Brits was die beoordelaar.

Die wenner van die maandtema in die senior-afdeling (4, 5 Ster en hoër graderings) was Renée Storme met “Lionness and the moon” en die junior-afdeling (1 – 3 Ster) Chris Bester se “Dreams”.

Renée Storme se “Lionness and the moon”.
Chris Bester se “Dreams”.

In die ope-afdeling was die senior-wenfoto Koos Fourie se “Vroeë oggend modderbad”. Hierdie foto was ook die algehele wenfoto van die aand. In die junior-afdeling was Chris Bester se “Care” die wenfoto.

Koos Foure se “Vroeë oggend modderbad”.
Chris Bester se “Care”.

In die monochroom-afdeling was die senior wenfoto “Waterdrop Stars” deur Haig Fourie, en die junior foto “Putting pen to paper” deur Rika Schoeman. Rika se foto was ook die algehele junior-wenfoto van die aand.

Haig Fourie se “Waterdrop Stars”.
Rika Schoeman se “Putting pen to paper”.

In die selfoon-afdeling was Rensia Fourie se “Sunrise” die senior-wenfoto.

Rensia Fourie se “Sunrise”.

In die aanlynkompetisie wat ‘n ope-afdeling is en enige foto ingestuur kan word sonder om die klubaand by te woon, was Mietsie Visser se “Kalahari storm oppad” die wenfoto.

Mietsie Visser se “Kalahari storm oppad”.

* Die klub kom maandeliks byeen waar alle fotograwe baie welkom is. Klubaande vind op die derde Vrydagaand van elke maand plaas en begin om 18:30. Die kontakpersoon is Johan Brits en hy kan by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za gekontak word.

FOTOGRAFIE VIR BEGINNERS
As gevolg van ongekende belangstelling bied die klub weer op 19 & 20 Februarie en 26 & 27 Maart 2022 ‘n Beginnerskursus in fotografie aan. Inligting kan by Henk Scheepers by 072 260 0513 of henks@attorneys.co.za verkry word.

Die kursus is daarop gemik om beginner fotograwe ʼn stewige grondslag te gee in die korrekte gebruik van hulle kameras en toerusting.

Die teoretiese opleiding word opgevolg deur praktiese klasse in onder meer landskap; natuur; sport; makro en portretfotografie. Die kursusgangers word ook gewys hoe om basiese fotoverwerking in Photoshop te doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button