ERT Fliek klub – Twee uitsonderlike Kersfees vertonings
Moenie die vertonings van die ERT Fliekklub misloop nie.
SASOLBURG. – Die ERT Fliek Klub het twee Kersfees-lekker vertonings om na uit te sien die eerste week in Desember.
Op Maandag, 6 Desember kan fliekgangers Disney’s A CHRISTMAS CAROL met Jim Carrey in die hoofrol van Ebenezer Scrooge beleef.
Die rolprent begin om 17:30. Die klassieke verhaal gegrond op Charles Dickens’ se A Christmas Carol word opgevolg deur nog ‘n vroeë kersgeskenk.

Op 7 Desember om 17:30 bied the ERT Fliek Klub die vertoning Christmas with André Rieu aan.
Hierdie vertoning sal slegs in teaters vertoon word. Kaartjies beloop R100 en kan bespreek word deur ‘n boodskap te WhatsApp na 0632175147.
Vir meer inligting besoek die Etienne Rousseau Teater se Facebookblad by @ERTSasolburg.
