Local newsNewsNews
NG-kerk te koop nadat lidmaatgetalle kwyn
Daar is op Sondag 28 November 2021 afskeid geneem van die kerkgebou van die Nederduits Gereformeerde Gemeente Peacehaven.
VEREENIGING.- Die kerkgebou, waarvan die hoeksteen in 1957 deur Dominee JPJ Smit gelê is, is ná 66 jaar te koop omdat lidmaatgetalle oor die laaste paar jaar drasties afgeneem het en die gemeente nie meer selfstandig kon funskioneer nie.
Die buurt se demografie het oor die afgelope paar jaar drasties verander en verskeie lidmate het uit die omgewing padgegee.
Lidmate, oud-limate, familie en vriende het die diens bygewoon.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
