Local newsNewsNews
EcoPark tydelik toe weens vandalisme
Die gewilde Bongani Mabaso EcoPark in Vaalpark moes weens vandalisme die afgelope naweek sy hekke gesluit hou.
Skade is in die toilette aangerig wat eers herstel moet word voordat besoekers weer toegelaat kan word. Daar is nog nie sekerheid wanneer die park weer oop sal wees nie, maar Vaalweekblad sal lesers op hoogte hou.
Intussen sal diereliefhebbers op geleenthede om die pragtige wild (soos hieronder) en die buitelug te geniet uitmis.




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
