Local newsNewsNews

Familie benodig hulp om vermoorde man te laat veras

Die familie van 'n man van Leeuhof wat glo vermoor is nadat hy in onderonsie met jonger mans oor “harde musiek” betrokke was het hulp nodig om hom te laat veras.

VEREERNING. – Ben Lotz is op die aand van 22 November 2021 dood in sy woning aangetref. Hy het blykbaar vroeër die aand met jonger mans vasgesit oor harde musiek.

Daar word beweer dat Lotz een van die jonger mans teen ‘n lamppaal vas gestamp het en die ander een met ‘n panga gekap het toe hulle hul musiek te hard in die straat naby sy huis gespeel het.

Die mans het blykbaar daarna na een van hulle se huis gehardloop waar hulle broers en ander familielede gaan roep het.

Famielede, gewapen met grawe, ‘n spitvurk en ‘n besem, het glo later die aand vir Lotz by sy huis gekonfronteer.

‘n Geveg het op Lotz se erf ontstaan.

Lotz is later dood in sy woning aangetref nadat hy vermoedelik aan beserings beswyk het.

Raymond Metz, ‘n 20-jarige man, sowel as ‘n 16-jarige medebeskuldigde, het verlede week in die streekhof in Vereeniging verskyn vir die moord op Lotz.

Die 20-jarige Raymond Metz verskyn op Donderdag 25 November 2021 vlugtig in die streekhof in Vereeniging. Foto: Christiaan Cloete

Albei beskuldigdes word ook van saakbeskadiging en wreedheid teenoor diere aangekla nadat hulle glo tydens die skermutseling op Lotz se erf sy hond met ‘n skerp voorwerp gesteek het.

Familie en vriende van Lotz beskryf hom as ‘n stilleringe en waardige man.

Hulle vind dit moeilik om te glo dat Lotz jonger mans met ‘n panga sou aanval.

Intussen het Nicolene Lotz mense op sosiale media gevra om te help om die kostes van sy verassing te delg.

Sy skryf in ‘n boodskap op Facebook: “Ek vra ASB hulp. Die oom op die foto is Maandag 22 November dood gesteek. Die oom het geen begrafnispolis gehad nie. Ons vra as daar enige een is wat ons kan help met donasie, net om die oom te kan veras (dit is die goedkoopste). Ons soek GEEN geld nie. As iemand wil help met ‘n onasie nkan hul my ‘n WhatsApp stuur en ek sal die begrafnis ondernemers se besonderhede verskaf en hulle kan dit direk aan hulle betaal. Asb. Ons vra groot asseblief vir hulp. Enige hul sal opreg waardeer word 079 335 8691).

Die familie van die vermoorde Ben Lotz sê die oorledene het nie ‘n begrafnispolis gehad nie. Geld word benodig om hom te laat veras (die goedkoopste opsie). Foto: Facebook/Vaaldriehoek Adverteer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button