Local newsNationalNewsNews

Richard Cock se Chanticleer sangers bekoor

Dit was 'n puik vertoning en 'n waardige manier om die Kersseisoen in te wy.

SASOLBURG. –  Teatergangers is op 28 November 2021 bederf met die Chantileer Singers onder leiding van Richard Cock met die perkussiespeler, Magda de Vries as gaskunstenaar.

Dit was die befaamde koor se eerste openbare optrede sedert Junie vanjaar en hul eerste in twee jaar by die Etienne Rousseau Teater.

Die vertoning het ook hul Kersseisoen afgeskop.

Die program was ‘n goeie samestelling van die tradisionele en bekende tot by die meer onbekende Kersliedere, insluitend ‘n nuwe weergawe van The Drummer Boy.

Richard het ook die gehoor bekoor met sy voorlesings tussen die uitvoerings.

Na die finale lied, Hark! The Herald Angels Sing, het die gehoor die Chantileer Singers, Richard Cock en Magda de Vries ‘n staande ovasie gegee.

Richard het die gehoor bedank dat hul steeds lewendige uitvoerings bywoon.

Hy het gesê dat die afgelope 18 maande vir hulle baie moeilik was, maar dat hul vol hoop is om hul Kerstoerprogram te kan voltooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button