Oulike troeteldierfoto’s kan pryse wen
Die NG-gemeente 4 Ankers Sasolburg bied tans ‘n prettige kompetisie vir troeteldierliefhebbers aan. Daar kan in twee kategorieë deelgeneem word.

WhatsApp foto’s van jou troeteldiere na 064 824 5310. Kategorie 1 is foto’s net van troeteldiere, terwyl Kategorie 2 foto’s van troeteldier/e plus mens/e is.
Foto plasings is gratis en verskyn op 4 Ankers se Facebookblad en webwerf. Die wenners sal deur die aantal FB likes bepaal word.
Die rede vir die kompetisie is dat die reëlingskomitee graag die kerkgebou se verdonkering en beeldprojeksie wil opgradeer.
Om fondse te genereer kan deelnemers hul foto’s teen slegs R100 per foto virtueel laat raam. Geraamde foto’s se prysgeld is dubbel die van ongeraamde foto’s.

Alle geraamde foto’s kom in aanmerking om ‘n virtuele trofee te wen. Die trofee se waarde begin by R250. Met elke geraamde foto se plasing styg die waarde van die trofee met R10. Die trofee se waarde is op die stadium R380.
Die sluitingsdatum vir deelname is 10 Desember. Saterdag, 11 Desember sal daar ‘n uitstalling van al die foto’s by 4 Ankers se Gemeentesentrum wees.
Dit beloof ‘n prettige dag te wees. Daar sal warmbrakke en ander verversings te koop wees. Om 12:00 sal die wenners aangekondig word.
Besoekers sal ook die kans kry om vir die 12 beste foto’s te stem vir die plasing in ‘n verjaardagkalender.
Vir meer besonderhede kontak Chris Bester by 082 9223 132.

