Local newsNewsNews

Eureka se leerders geniet hul perdryterapie

Eureka Skool se leerders geniet hul perdry terapie sessies.

VEREENIGING. – Daar was groot opgewondenheid op 22 November tydens die Eureka Skool vir fisies en verstandelik gestremde leerlinge se perdryterapie afsluiting.

Foto’s verskaf

Reptilia in Vanderbijlpark het die skool besoek en agt “eksotiese gaste” saamgebring. Daar was onder andere ‘n slang, ‘n bearded dragon, ‘n hasie, ‘n krimpvarkie en ‘n spinnekop.

Ongeveer 70 van die leerders wat hierdie jaar perdryterapie ontvang het, het in die perdry area bymekaargekom waar hul meer van die “gaste” geleer het en selfs aan van hulle kon vat.

Eureka Skool het jaarliks ongeveer 90 kinders wat eenmaal per week perdryterapie kry by vier verskillende terapeute.

Suzilda Muller, arbeidsterapeut by die skool, het gesê dis veral die serebraal gestremde leerlinge en die wat op die autistiese skaal is wat die meeste baat vind.

Groot konsentrasie. Foto: Facebook

“Ons probeer hul van so jonk as moontlik op die perde te kry. Hulle geniet dit baie en dis ongelooflik goed vir die versterking van die kinders se spiere en ook vir sensoriese stimulasie”

Die kinders leer nie net om perd te ry nie. Hulle sit ook op die perde en was of verf die diere, staan op die perde of sit agterstevoor.

“Dit help hul baie met hul balans” vertel Suzilda. Sy het namens die skool ook dankie gesê vir Stols Vervoer in Sasolburg en Hi-Performance Feeds in Meyerton wat jaarliks die perde se voer en saagsels vir die stalle borg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button