Local newsNewsNews
Jong vrou sterf na motor tussen brugpilare eindig
Die naweek het op 'n hartseer wyse begin toe 'n motoris gistermiddag op die R57 onder die R59 brug (in die rigting van Sasolburg) beheer verloor en in 'n noodlottige enkelvoertuig-ongeluk betrokke was.
Daar kan nie gesê word wat daartoe gelei het dat die bestuurder beheer verloor en tussen die brug se pilare geëindig het nie. Die bestuurder, ‘n jong vrou van 26, is op die toneel deur Netcare911 dood verklaar.
- Met die nat weerstoestande wat huidiglik in die Vaaldriehoek ervaar word, word motoriste gevra om ekstra versigtig op die paaie te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
