Local newsNewsNews

Twee besonderse fliekaande by die ERT

Daar is nog kaartjies beskikbaar vir die ERT Fliek Klub vertonings op 6 en 7 Desember 2021.

SASOLBURG. – Het jy al jou kaartjies vir die ERT Fliek Klub se twee lekker kyk en luister vertonings die week?

Op Maandag, 6 Desem kan oud en jonk naderskuif vir ‘n vertoning van Disney’s A Christmas Carol gebasseer op die oorspronklike storie deur Charles Dickens met Jim Carrey as  Ebenezer Scrooge wat deur spoke uit sy verlede, hede en toekoms die waarde van Kersfees geleer word.

Kaartjies beloop R100 per persoon en kan bespreek word deur te WhatsApp na 0632175147.

Kersfees met André Rieu

Dan die ekstra groot lekkerte in hierdie week se kerskous.

Die ERT Fliek Klub bied op Dinsdag, 7 Desember André Rieu se Christmas with André vertoning.

Hierdie DVD word slegs in geselekteerde teaters vertoon en is opgeneem by die nuwe Winterpaleis in Maastricht, Nederland.

Dit beloof om ‘n uitsonderlike skouspel van sang en musiek te wees. Kaartjies is slegs R100 per persoon en kan bespreek word by 0632175147. Beide vertonings begin 0m 17:30.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button