Local newsNewsNews

Gholfdag om na uit te sien by Riviera

“NG Welsyn Vereeniging hou gereeld fondsinsamelings. Die publiek se ondersteuning hierin is ongelooflik belangrik,” sê Andrea Combrink.

Een van hul opkomende fondsinsamelings is hul gholfdag – Around the world in 18 holes. Dit word op 3 Februarie 2022 om 11:00 by die Riviera Gholfklub gehou.

‘n Vierbal beloop slegs R2 000. As jy nie self kan speel nie, sal borge vir ‘n gaatjie ook hoog op prys gestel word. Dit beloop R1 500, of koop ‘n vierbal en borg ‘n gaatjie teen slegs R3 000.

“Ons kan ook ‘n Artikel 18A tot u beskikking stel indien u maatskappy ‘n gaatjie sou borg. Daar sal ook lekker pryse wees om te wen, asook ‘n veiling om ekstra fondse in te samel,” sê Andrea.

Die fondse wat hierdeur ingesamel word, sal vir die volgende aangewend word: Voedselskema vir behoeftiges, terapie vir kinders, dwelm- en alkoholtoetse, plasing en ondersteuning van kinders by nuwe pleegouers en kinderhuise, ouerleidingsprogramme, vakansieprogramme ens.

Indien u ‘n bydrae wil lewer, of by hul gholfdag betrokke wil raak, kontak gerus vir Andrea by (016) 421 4044 of vereen.admin@ngwelfare.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button