Local newsNewsNewsSportSport

Dit reën sesse in die Vaal

MEYERTON. – Asof die Vaaldriehoek die afgelope naweek nie genoeg eendeweer beleef het nie, het dit boonop op die Hoërskool Dr. Malan se velde sesse gereën. Die Roar Machines en Badgers is onderskeidelik as High Performance Cricket se Ses-aan-‘n-kant se o.11 en o.13-kampioene gekroon. In die o.11-eindstryd het die Roar Machines die Hurricanes met 12 …

MEYERTON. – Asof die Vaaldriehoek die afgelope naweek nie genoeg eendeweer beleef het nie, het dit boonop op die Hoërskool Dr. Malan se velde sesse gereën.

Die Roar Machines en Badgers is onderskeidelik as High Performance Cricket se Ses-aan-‘n-kant se o.11 en o.13-kampioene gekroon.

In die o.11-eindstryd het die Roar Machines die Hurricanes met 12 lopies geklop om die o.11-kroon te dra.

e Badgers het Sondag die o.13-titel verower nadat hulle die Grizzleys oortuigend in die eindstryd met vier paaltjies geklop het.

Die Grizzleys het eerste gekolf en 45/2 in die toegelate 6 beurte aangeteken, waarna die Badgers slegs 4.5 beurte benodig het om die teiken verby te steek.

Wat die individuele toekennings betref, is Ryan Ax en Stephan Potgieter onderskeidelik as die top o.11-kolwer en bouler aangewys.

Wat die hardebaarde betref, het Dean Coetzer (beste kolwer), Mican Nel (beste bouler) en Jannie Coetzer (beste veldwerker) die pas aangegee.

Aksie tydens die HPC Sesse-toernooi wt vroeër vandeesmaand in Myerton plaasgevind het. Foto: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button