Local newsNewsNews

Vaalpark Primêr se tennisspelers behaal NV spanne

Heelwat van Vaalpark Primêr se tennisspelers het goed gevaar in die Noord-Vrystaat proewe.

VAALPARK. – Die Primêre Skool Vaalpark se leerders het besonder goed gevaar in die Noord-Vrystaat tennis proewe wat die naweek van 3 en 4 Desember 2021 plaasgevind het.

Die o.14 en o.12 seuns het in Virginia gaan meeding. Jaco Venter het die Noord-Vrystaat o.14 A-span gehaal en Reuben Smit en Zivan M die B-span. Marinus R het die seuns o.12 B-span gehaal.

Die o.14 dogters het Bothaville toe gereis vir hul proefwedstryde. Hier het Liané S en Marjuné L albei die Noord Vrystaat A-span gehaal.

Op hulle beurt het die o.12 dogters in Kroonstad sake gaan uitspook.

Lize van den Heever het haar baie goed van haar taak gekwyt en die Noord-Vrystaat B-span gehaal.

Die o.10 seuns het in Parys gaan meeding en met uitstekende resultate teruggekeer.

Neil Venter, Edrich S en Hugo S is vir die A-span gekies terwyl LJ van der Walt die B-span gehaal het.

Die o.10 dogters het sake in Sasolburg uitgespook en hier het Tiné L, Cara B, Mia M en Aruska N die B-span gehaal.

*Name weergegee soos wat dit ontvang is. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button