President Ramaphosa toets positief vir Covid-19
Vaalweekblad wens die President 'n spoedige herstel toe.
KAAPSTAD. – President Cyril Ramaphosa word tans vir ligte simptome van COVID-19 behandel nadat hy op Sondag, 12 Desember positief vir die virus getoets het.
Die president het begin sleg voel nadat hy die amptelike gedenkdiens van die voormalige adjunkpresident FW de Klerk in Kaapstad verlaat het.
Hy is tans in self-isolasie in Kaapstad en Adjunk President David Mabuza sal sy verpligtinge vir die week oorneem.
President Ramaphosa is ten volle ingeënt. Hy het laat weet dat sy positiewe uitslag as ‘n waarskuwing dien vir almal om waaksaam te bly, hulle te laat inent en by die regulasies te hou.
Volgens die Minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, is almal wat direk in kontak met die President gister was geadviseer om op die uitkyk vir enige simptome te wees of om hulself te laat toets.
Vaalweekblad wens die President ‘n spoedige herstel toe.
