Local newsNewsNews
Vaalpets kry vroeë Kersverrassing
Dit was 'n stertswaailekker dag vir al die viervoet inwoners by Vaalpets
VANDERBIJLPARK. – Op Saterdag, 11 Desember 2021 was dinge in rep en roer by Vaalpets.
Die Santa Shoebox projek het spesiaal vir al die vierpotige inwoners van Vaalpets geskenkpakke versamel.

Die resultaat was geskenke in alle vorms en groottes en elkeen het ‘n een van die honde se name opgehad.
Danielle van Rooyen het op Vaalpets se Facebookblad geskryf dat dit een van die gelukkigste dae by die skuiling was.
“Ons honde het geskenke van oraloor gekry, tot so ver as Kakamas in die Noordkaap!”

Die weldoeners wat self die dag kon bywoon het ook gesorg dat elke hond baie aandag kry, wat die honde natuurlik terugbetaal het met waaiende sterte en nat soene.
Onder die geskenke was daar hondekos, komberse en baie speelgoed.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
