Local newsNewsNews

Valies stel Kersfees Kortfilm vry

Fulfilled Promises is 'n unieke Kersfeesfilm met 'n boodskap van hoop.

MEYERTON. – Wat as ‘n blink gedagte by ds Francois van Zyl van NG Olyfdal begin het, is nou ‘n volwaardige kortfilm, Fulfilled Promises.

Die premier vir die unieke Kersverhaal het op 16 Desember plaasgevind toe die akteurs, filmspan en gaste bymekaargekom het om vir die eerste keer na die film te kyk.

Albertus Kriel lewer ‘n meesterlike vertolking van die “Jester”. Foto’s Facebook

Fulfilled Promises vertel die verhaal van ‘n man op soek na iets in ‘n meestal verlate distopiese landskap.

In sy soeke na homself en die waarheid kruis sy paaie met verskeie karakters, onder andere die “Jester” wat sy bes probeer om hom te keer.

Die soeker word deur Casper Muller vertolk en die “Jester” deur Albertus Kriel.

Die voertuig neem ‘n karakter van sy eie aan..

Kyle Lauf het die draaiboek geskryf. Hy het in ‘n telefoniese onderhoud gesê wat die film so merkwaardig maak is dat amateurs en vrywilligers saamgespan het om ‘n professionele produk te maak.

Die kortfilm bring ‘n universiële boodskap van hoop in ‘n baie deurmekaar wêreld. Die film is gratis beskikbaar op YouTube by https://www.youtube.com/watch?v=DDAhLIgQQjk

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button