Vaalpark Primêr versprei Kersvreugde
"Dankie vir elkeen se bydrae! Almal het dit baie waardeer!" - Karin Baker, skoolhoof
VAALPARK. – Vaalpark Primêre skool is bekend daarvoor dat hulle omgee vir die gemeenskap en die natuur.
Hulle het die jaar afgesluit met ‘n groot fondsinsamelingsprojek om seker te maak die skool se skoonmakers kan ook elkeen lekker Kersfees hou.

Die projek was so ‘n groot sukses dat hul nie net vir die skoonmakers van kruideniersware kon voorsien nie, maar ook ekstra gehad het om vir plaaslike motorwagte, Môredou en Van Riebeeck ouetehuise en Angel Wings kruideniersware te skenk.
Die Gideons het vir elke werker ook ‘n Bybel in die taal van hul keuse oorhandig.
Die skool het op hul Facebookblad berig dat hul verder ook 23 sakke vol skoene bymekaar gemaak het wat hul aan Helplift oorhandig het.
Die skool het elkeen wat gehelp het om van hierdie projek ‘n sukses te maak bedank en het ondere andere gesê: “Weet dus dat u bydrae baie honger mae gaan vul en voorwaar baie harte gaan verbly.”

