Gru ongelukke skop Feesseisoen af
Mense word gemaan om stadiger te ry, hoofligte aan te sit in die bewolkte weer en nie te drink en te bestuur nie.
VANDERBIJLPARK. – Drie gru ongelukke het alreeds die lewens van verskeie mense oor die naweek geeis.
Volgens ER24 is twee mans oorlede nadat hul voertuig teen ‘n ondersteuningspilaar van die brug op die R57 gebots het.
Die ongeluk het Saterdagaand, 18 Desember plaasgevind. ER24 personeel was op die toneel teen 18:47 saam met verskeie insleepdiensste en noodpersoneel.
Die insittendes van die voertuig is albei dood op die toneel verklaar.

Saterdagmiddag het daar ook ‘n ernstige ongeluk op die R53 buite Potchefstroom plaasgevind.
Twee mans is oorlede in die botsing, terwyl nog vier mense drie mans en ‘n vrou baie ernstig beseer is.
Dit volg na ‘n kop aan kop botsing tussen ‘n Hyundai en ‘n Nissan X-Trail. Volgens ER24 was hul noodpersooneel op die toneel om 12:05 saam met ander nooddienste.
Die Hyundai het in die pad gelê en die X-Trail op die kant van die pad. Albei bestuurders is oorlede.
Die voorste passasier van die Hyundai is deur die Brandweer met die Jaws of Life uit die wrak gehaal. Sy toestand was kritiek.
Die twee manlike passasiers agter in die Hyundai is albei ernstig beseer. Die beseerders is na nabygeleë hospitale geneem.

A jong vrou is 15 m van die ongelukstoneel gevind. Sy is tydens die ongeluk uit die motor geslinger.
Nadat paramedici haar gestabiliseer het is sy in ‘n kritieke toestand na die Potchestroom Provinsiale Hospitaal geneem.
Die SAPD het verdere ondersoeke na beide ongelukke gelas.
