Prima prestasies vir Vaal se swemmers
Titans Aquatics het hul jaar op 'n hoogtepunt afgesluit. Geluk aan die afrigter en swemmers.
Die swemspan van Titans Aquatics in Vanderbijlpark het uitstekend gevaar in die EGA Aquatics Summer Champs 2021 wat van 9 – 13 Desember 2021 in Germiston gehou is.
Afrigter Benny Janssen het laat weet dat daar 22 klubs aan die kampioenskappe deelgeneem het.
Die Titans se vrouespan het met ‘n totaal van 390 punte agste geëindig.
Die manne het met 1233 punte ‘n uitstekende vierde plek behaal.
Saam het die Titans sewende op die punteleer geëindig.
Individuele prestasies:
Danieka Bekker (16)
400m Individuele Wisselslag 2de
200m Vlinderslag 2de
200m Borsslag 3de
Jaden Booysen (12)
400m Vryslag 3de
100m Vlinderslag 3de
Dihandré Hartmann (13)
200m Vryslag 2de
400m Individuele Wisselslag 1ste
200m Vlinderslag 2de
400m Vryslag 2de
50m Vlinderslag 3de
200m Individuele Wisselslag 2de
200m Borsslag 2de
100m Vlinderslag 2de
Dryden Knoetze (9)
200m Borsslag 2de
Zelmarie Levin (16)
100m Borsslag 3de
200m Borsslag 2de
Micah Marx (11)
200m Vryslag 2de
400m Vryslag 2de
JP Nel (22) S14
200m Vryslag 2de
50m Borsslag 2de
100m Vryslag 2de
100m Borsslag 1ste
50m Vryslag 1ste
200m Individuele Wisselslag 2de
50m Rugslag 2de
100m Vlinderslag 1ste
50m Vryslag 3de
Geosh Nienaber (14) S8
200m Vryslag 1ste
100m Vryslag 1ste
200m Rugslag 1ste
50m Rugslag 1ste
50m Vryslag 1ste
