Local newsNewsNews
Vaaldam is 102.4% vol
Die Vaaldam is vol en almal wonder wanneer die sluise oopgetrek gaan word?
DENEYSVILLE. – Rand Water het op 18 Desember 2021 aangekondig dat die Vaaldam 100% vol is.
Op 13 Desember 2021 was die dam 93.4% vol. Intussen word nog reën vir die groter opvangsgebied oor die volgende 10 dae voorspel.
Sputnik Ratau, media skakelbeampte van die Departement van Waterwese en Sanitasie het Sondagmiddag om 17:00 laat weet dat die dam 102.4% vol is en dat daar nog heelwat meer water moet inkom alvorens sluise oopgemaak sal word.
Buks Havenga het die foto’s van die dam geneem om 14:00 op Sondag, 19 Desember 2021 vanaf die Deneysville Watersportklub.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
