En die Kersboom van die jaar is…
Die Kersboom inskrywings is oral in die Vaal Mall opgerig.
VANDERBIJLPARK. – Die Vaal Mall het die wenners van hul jaarlikse Kersboom en tafelversieringskompetisie aangekondig.
Sirien Cardwell se Kersboom van hoop het met die eerste prys van R15 000 in die Kersboom kategorie weggestap.
Evelyn Maatens en die Go Purple Foundation se Kersbome het tweede en derde plekke behaal.

In die tafelversieringskategorie het Thumelo Majake se kunswerk vir hom ‘n eerste plek en R5000 ingebring.
Amanda du Plessis en Belinda Venter het tweede en derde plek in die kategorie behaal.
Daar was hierdie jaar 32 Kersbome en 13 tafelversierings ingeskryf. Groot kontantpryse was op die spel.
“Dit was vir ons belangrik om hierdie Feesseisoen te vier met pret, kreatiwiteit, en natuurlik ‘n kans om ons Vaal Mall inkopiegangers te bederf,” het Carla de Villiers-Malan, die Vaal Mall se streeksbemarkingsbestuurder gesê.

Sy het ook namens die Vaal Mall gesê hulle is dankbaar om deel van so ‘n wonderlike gemeenskap te wees. “Baie dankie vir almal se volgehoue ondersteuning. Ons wens al ons inkopiegangers ‘n veilige en gelukkige Feesseisoen toe en beste wense vir 2022.“
