Local newsNewsNews

Reënboog en rysmiere

Dit bly altyd vir my mooi en besonders om 'n reënboog te sien.

VANDERBIJLPARK. – Vroegaand op Maandag, 20 Desember het daar onverwags ‘n reënbui oor die dorp uitgesak.

Dit was die spreekwoordelike Jakkels trou met Wolf se vrou storie, want die son het nog helder geskyn terwyl vet druppels oral neergeplop het.

Terselfdertyd het ‘n helder reënboog aan die oostekant oor Vanderbijlpark gespan.

Kort daarna het die rysmiere hul verskyning gemaak.

Die dwergieman loer as die reënboog verskyn. Foto: Gerda Bruinette

As kind het ons altyd die insekte probeer vang, voordat hul vlerke afgooi want Pa het dit ingespan vir visaas.

Gister se reënbui en gepaardgaande reënboog het nie lank gehou nie, maar omdat die badkamer se venster oop was, het ek later ‘n handvol rysmiervlerkies in die bad bymekaargemaak alvorens badwater getap kon word.

Alhoewel, die Vaal vanoggend sonskynweer geniet, kan daar later vandag weer verspreide buie en donderbuie voorkom volgens die SA Weerdiens.

Daar word ook verspreide buie en donderbuie verwag oor die Kersnaweek oor groot gedeeltes van die land.

Koeler tot warm weer word voorspel oor Gauteng met baie warm weerstoestande vir die Laeveld in Mpumalanga.

Vir die volledige Kersnaweek voorspelling. Kyk gerus hier https://www.youtube.com/watch?v=_pHCUKgFvTQ 

Foto: Gerda Bruinette

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button