Vaal se Kayla gekies vir SA Fillies
Baie geluk, Kayla. Ons is trots op jou!
Kayla Abbott het die afgelope week as deel van die Gauteng o.19 vroue krieketspan aan Krieket SA se o.19 vroue toernooi deelgeneem.
Haar harde werk van die afgelope jaar is beloon toe sy vir die o.19 SA B-Span, beter bekend as die SA Fillies gekies is.

Gauteng het baie goed gevaar in die toernooi wat in die Paarl plaasgevind het.
Op Maandag, 20 Desember het hulle die dag se verrigtinge afgeskop teen die enigste ander span wat op daardie stadium alle wedstryde gewen het, die Westelike Provinsie.
Dit was ‘n naelbyt wedstryd met die WP wat uiteindelik met slegs 12 lopies gewen het.
Een van die sterre vir Gauteng was Kayla. Sy het 17 lopies van 30 balle in Maandag se wedstryd aangeteken en onder andere 37 lopies van 38 balle gemoker teen KZN Inland op Dag 3.

