Local newsNewsNews

Fondse benodig vir geliefde onnie

VANDERBIJLPARK. – Desember beteken vir die meeste van ons somer, son, en feestelikheid maar vir ’n geliefde onderwyser aan die Laerskool Emfulenipark word dié Desember se dae tot dusver in die hospitaal op die kalendar afgemerk. Wat begin het as ’n bloeiende maagseer het tot verdere komplikasies gelei, nadat ’n verstopping in die slukderm tydens …

VANDERBIJLPARK. – Desember beteken vir die meeste van ons somer, son, en feestelikheid maar vir ’n geliefde onderwyser aan die Laerskool Emfulenipark word dié Desember se dae tot dusver in die hospitaal op die kalendar afgemerk.

Wat begin het as ’n bloeiende maagseer het tot verdere komplikasies gelei, nadat ’n verstopping in die slukderm tydens ’n gastroskopie ontdek is en die maagwand geperforeer is. Dit het verder veroorsaak dat absesse op die longe en tussen die hart en een long gevorm is. Sterk antibiotika en dreinering van die absesse help tot dusver om verligting te gee en kon behandeling in ’n algemene saal, in plaas van die intensiewe sorgeenheid, voortgesit word.

Hoewel dit reeds baie beter gaan en dit blyk of dié onderwyser nou op die herstelpad is, is daar nog heelwat water wat eers in die see moet loop voordat sy die hospitaaldeure agter haar sal kan toe trek om verder by die huis aan te sterk.

Met reeds meer as 20 dae in die hospitaal, is fondse om die groeiende mediese rekeninge te dek uitgeput. Geliefdes en vriende, asook die skoolgemeenskap is tans besig om op verskeie maniere fondse te probeer werf om die huidige uitstaande bedrag van R 77 000 te help dek.

Indien enige iemand in die gemeenskap ’n bydrae wil maak sodat sy die vreugde van die feesgety saam met haar geliefdes kan vier, kan ’n donasie direk in Cormed se bankrekening gemaak word.

Die besonderhede is as volg:

Cormed Clinic

ABSA Tjekrekening

520163069

Verwysing: Case 225462

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button