Heelwat huise in Vaalpark is pragtig versier met kersliggies. Public Eye se patrolleerders was laasnag op ‘n missie om foto’s van die huise met die mooiste liggies te neem.

Die manne patroleer elke aand die dorp se strate met goeie gevolge. Behalwe vir een inbraak wat deur die dag plaasgevind het, is daar nog geen ander misdaad in die dorp aangemeld nie.

Arrie Coetzee van Public Eye sê hulle bly waaksaam. Hul WhatsApp groepe is aktief en die gemeenskap rapporteer enige verdagte voertuie onmiddellik.

Met die strate stil en rustig, kan die manne die mooi liggies waardeer. Dankie aan elkeen wat foto’s geneem en vir ons aangestuur het.







At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
