Local newsNewsNews

Huweliksklokkies lui vir Jordan en sy Chanté

Baie geluk aan Jordan en Chanté!

Jordan Heathcote (ook bekend as Jordan Rivers in die musiekwêreld) en Chanté is op 16 Desember 2021 getroud.

Die twee het mekaar so twee en ‘n half jaar gelede by die kerk ontmoet en vandaar het die liefde geblom.

Jordan en Chanté op hul troudag.

Die egpaar is tans op wittebrood in die Weskaap.

Jordan het in ‘n telefoniese onderhoud gesê, die troureëlings het hom die laaste tyd besig gehou, maar dit gaan ook klopdisselboom met sy musiekloopbaan.

Sy eerste EP (extended play) album, Way to the Sun, is onlangs vrygestel.

Gaan luister gerus na Better Days op sy YouTube kanaal https://www.youtube.com/watch?v=8I5ErNgkwoc

Die video van Jordan se eerste treffer, Show me how, is ook op sy YouTube kanaal te sien. Gaan kyk gerus by https://www.youtube.com/watch?v=5xAxOjLaZ1A

Lees ook: https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/99078/jordan-rivers-musiek-is-sy-hartklop/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button