Local newsNewsNews

Vaalpark patrolleer trap-trap teen misdaad

Vaalpark staan saam, werk saam en leef nou in 'n misdaadvrye omgewing.

VAALPARK. – Nadat dié dorp langs die Vaalrivier in November  vir ‘n tweede maal deurgeloop het onder hekmotordiefstalle in die nag, het hulle besluit om hul patrollies verder op te skerp.

Behalwe vir die motors (Public Eye en vrywilligers) wat in die nagte die strate patrolleer, is daar nou ook motorfietse en fietsryers.

Die fietsryers (almal gemeenskapslede) ry so tussen 10 na 30 km per patrollie.

Arrie Coetzee van Public Eye sê: “Ons doen dit so wanneer ons stil wil beweeg om die skelms te verras.”

Die fietsryers is darem nie aan hul eie genade oorgelaat nie. Daar is altyd voertuie op bystand in die omtrek.

Van die vrywilligers ry ook patrollie in die dag, maar die meeste doen dit in die nag in skofte.

“Vandat die fiets patrollie begin het, het ons geen verdere diefstal in die nag ervaar nie,” het Arrie laat weet.

Wys jou net wat gedoen kan word as ‘n gemeenskap begin saamstaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button