Local newsNewsNews
Emiritus-Aartsbiskop Desmond Tutu oorlede
Ons meegevoel met sy vrou, Mev. Nomalizo Leah Tutu en ander naastbestaandes
Suid-Afrikaners het Sondag met die nuus wakker geword dat Emiritus-Aartsbiskop Desmond Tutu op die ouderdom van 90 jaar oorlede is.
Huldeblyke het dadelik van oor die wêreld begin instroom.
President Ramaphosa het in ‘n media verklaring gesê: “Desmond Tutu was ‘n patriot sonder weerga; ‘n pragmatiese leier wat betekenis aan die Bybelse leer gegee het dat geloof sonder werke dood is.”
Hy sal onder andere onthou word as die een met die vonkel in die oog wat altyd ‘n goeie woord en ‘n glimlag vir almal gehad het.
Ons meegevoel met sy vrou, Mev. Nomalizo Leah Tutu en ander naastbestaandes
Lees hier die verklaring van die Presidensie van SA oor die Emiritus-Aarsbiskop Tutu se afsterwe: https://bit.ly/3EtWUve
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
