Local newsNewsNews

Covid-19: “Booster Shots” nou beskikbaar

Inentings en "booster shots" teen Covid-19 nou beskikbaar in Suid-Afrika.

VANDERBIJLPARK – Die inentingstasie by Presidenet Hyper in Vanderbijlpark het laat weet dat hul nou Pfizer en Johnson  & Johnson “booster shots” beskikbaar het.

Die “Booster Shots” kan ses maande na ‘n tweede Pfizer inenting en twee maande na ‘n eenmalige Johnson & Johnson inenting toegedien word.

Mense hoef nie vir ‘n sms te wag om te kan gaan vir die “booster shot” nie.

Vaal-President Hyper se algemene bestuurder, Pierre du Plooy, die nuwe burgemeester van Emfuleni, Sipho Radebe en Magda van Schalkwyk tydens die burgemeester se besoek. Foto: verskaf

Magda van Schalkwyk van President Hyper sê: “Ons het reeds op 24 Desember 2021 met die “booster shots” begin. Die ander inentings teen Covid-19 word ook steeds toegedien.”

Persone ouer as 18 wat reeds ingeënt is, kan die “booster shot” kry.

Die President Hyper inentingstasie is ingerig in die parkeerarea aan die Dischem-kant van die gebou.

Inentings word van 08:00 tot 15:00 toegedien van Maandae tot Sondae. Enigste uitsondering is dié naweek (1 & 2 Januarie 2022).

Vanaf die 3de Januarie sal hul weer sewe dae ‘n week op hul pos wees.

Magda van Schalkwyk, en die algemene bestuurder van Vaal-President Hyper Pierre du Plooy saam met die Minister van Basiese Onderwys Angelina Matsie Motshekga. Foto verskaf

Die inentingstasie word die heeltyd blinkskoon gehou en alle voorgeskrewe protokol word gevolg.

Vandat die stasie geopen is, het hulle al besoek ontvang van onder andere, die Minister van Basiese Onderwys Angelina Matsie Motshekga, die LUR vir Gemeenskapsveiligheid Faith Mazibuku en die nuwe burgemeester van Emfuleni Sipho Radebe.

Al die hoogeplaastes was tevrede met die stasie se standaard, veiligheid en diens.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button