Local newsNewsNews

‘n Liefde vir ougoed

Harde werk, maak drome waar.

DRIE RIVIERE . – Danie en Bea Erasmus is altyd aan die gang. Wanneer die twee nie huise koop en verkoop nie, is hulle besig om meubels te restoureer, te stoffeer of te maak.

Deur die jare het een droom hul bly ontwyk, om hul eie plek te hê waar hul oudhede (van meubels tot dekor) kan verkoop.

Die dag toe hul by Basheestraat 23 instap, het hul geweet hul droom gaan waar word.

Watter ouskool joernalis sal ‘n ouskool tikmasjien kan verbyloop en nie afneem nie? Foto: Gerda Bruinette

Die ou huis was dalk verwaarloos, maar die houtvloere en regte-egte outydse prentjie-plafonne het hul dadelik opgeval.

Dit was ‘n gegewe dat hul self die huis sou koop en regmaak.

Vlak voor Kersfees was hul nuwe besigheid, Old Stuff, amptelik oop. Agter is daar nog ‘n gewerskaf, want die eertydse buitegeboue word nou omskep in ‘n koffiewinkel en konferensiefasiliteite vir klein groepe.

Daar is ‘n hele versameling teddiebere van lank gelede. Foto: Gerda Bruinette

Binne is hul harde handewerk oral te bespeur. Hulle het self ingespring en mure uitgebreek en onder andere twee badkamers oorgedoen.

Danie het ook elke kamer se besonderse beligting self gedoen.

Elke vertrek spog met oudhede uit verskillende eras. Daar is enkel-skoolbanke wat nog ‘n gaatjie vir ‘n inkpotjie het, ou bere, pragtige kaste en fyn porselein. Elkeen het sy eie storie.

Hier en daar is daar ook kaste en tafels oorgeverf. “Baie mense hou nie daarvan dat oudhede geverf word nie, maar ons het al gevind dat mens soms nie die oorspronklike hout meer kry nie. Dan is dit beter om te verf, ten minste kan die stuk dan nog gebruik word,” vertel Danie.

“Ons wil graag tweedehandse goeie gehalte meubels teen bekostigbare pryse verkoop,” verklaar Bea.

Die voorkamer van Old Stuff. Danie het self die ligte gemaak. Foto: Gerda Bruinette

Die twee se liefde vir vintage meubelstukke en ander ougoed kom al ‘n lang pad. “Ons het oor die jare al baie pragstukke ontdek wat net vir regmaak gevra het. Ons het al soveel gerestoureer. Jy weet wat een mens weggooi is ‘n ander se erfstuk” vertel hulle.

Gaan loer gerus op hul Facebookblad, Old Stuff, in om meer te wete te kom.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button