Local newsNewsNews

Verkeerslig al weke uit – hoeveel ongelukke moet nog gebeur?

Gevaar ligte flits rooi by die groot kruising in Bedworthpark

BEDWORTHPARK. – Die groot kruising op die R59 in Bedworthpark se verkeersligte is nou al vir ‘n geruime tyd buitewerking.

Al die verkeersligte flits rooi. Op 29 Desember 2021 om 16:45 het daar weer ‘n ongeluk plaasgevind.

Nooddienste was gou op die toneel. Foto: Chase

Na wat verneem word is een persoon beseer en is die persoon ‘n in stabiele toestand hospitaal toe geneem.

Motoriste word gevra om uiters versigtig by die kruising te wees.

Gebruik dit as ‘n vierrigting stopstraat en gee elkeen ‘n regverdige kans om te ry.

Omstanders by die ongelukstoneel langs een van die bakkies wat betrokke was. Foto: Chase

Wees ook op die uitkyk vir voetgangers.

Onlangs is ‘n voetganger op die kruising raakgery toe sy die pad by die verkeerslig wou oorsteek.

Na wat verneem word is sy nie ernstig beseer nie.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button