Local newsNewsNews

President sirkel nou ‘n lus vir die oog

"Ou blomme" nou 'n lus vir die oog.

VANDERBIJLPARK. –  Die groot sirkel by President Hyper is omskep in ‘n kleurvolle voëltjieparadys.

Magda van Schalwyk sê hulle het besluit om al die blomme wat hul uit die winkel haal en nie meer so mooi lyk nie in die sirkel te plant.

Zukile Mavuso werk baie hard om die sirkel-tuin in tiptop kondisie te hou.

Zukile Mavuso is aangestel om die sirkel in stand te hou.

Die resultaat het al hul verwagtinge oortref.

Zukile is besig om wondere by die sirkel te verrig.

Die tuin is ‘n kleurvolle lushof.

Dis moeilik om te glo dat die kleurryke blomme enigsins nie as goed genoeg beskou is nie. Die sirkel lyk by die dag mooier.

Magda se seun, Schalk van Schalkwyk, ook ‘n werknemer by President Hyper het intussen ook voëlbakke opgesit en hy sorg dat die voëltjies elke dag kos het.

So het die drie van hulle stil-stil ‘n vaal kol omskep tot ‘n pragtuin en ‘n lus vir die oog.

Die voëltjies kry elke dag kos.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button