Local newsNewsNews

Vaalparkers doen dit self, en dit werk!

“Ons wag nie meer dat iets gebeur nie of vir iemand anders om dit te doen nie. Ons doen dit self!”

VAALPARK. – Die mense van Vaalpark het besluit genoeg is genoeg. Hulle gaan nie toelaat dat hul dorp verval nie.

Eers het hulle die misdaad in Vaalpark nie net onder beheer gekry nie, maar totaal uitgewis!

Een van die eerste prioriteite is om padtekens weer oor te verf.

Dit word reggekry deur goeie samewerking tussen die polisie, die gemeenskapspolisiëringsforums, Public Eye en vrywilligers wat in die nagte patrolleer en deur die dag waaksaam bly.

Nou het die Vaalpark gemeenskap hul samewerking een stappie verder gevat.

Alle padtekens word oorgeverf en slaggate word herstel.

‘n Nuwe WhatsApp groep, “Proudly Vaalpark” is gestig.

Hier het die plaaslike Raad onder leiding van die DA en in samewerking met Public Eye ‘n inisiatief geloods om paaie reg te maak en padmerke oor te verf.

Arrie Coetzee van Public Eye sê hul leuse is: “Hier in Vaalpark, doen ons dit self!”

Volgens hom kom alles nou mooi bymekaar in die dorp en hulle is trots daarop dat die gemeenskap die inisiatiewe ondersteun.

In Vaalpark loop misdaadbekamping en munisipaledienste nou hand aan hand. Soos Arrie sê: “Ons wag nie meer dat iets gebeur nie of vir iemand anders om dit te doen nie. Ons doen dit self!”

“Proudly Vaalpark” in aksie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button